Rayne se sooibrand lose viskoekies ~ RSG

Bestanddele
3 of vier groot stokvis mootjies
Lourierblare of vars suurlemoenblare
Peperkorrels
Goeie skoot witwyn
1 groot ui, gerasper
Bos pietersielie
2 eiers
2 fyngekookte aartappels
Sout en peper na smaak
1 sny brood

Metode
Kook sowat 4 cm water in ‘n pan met lourierblare, peper en skoot witwyn. Laat dit saggies kook en plaas jou vis in pan en kook tot gaar. Gooi lourierblare weg. Rasper ui op die een sny brood en sit uie, brood en pietersielie in voedselverwerker. Meng die res van die bestanddele saam in ‘n bak met die hand. Vorm koekies en bak in vlak olie of in oond. Dit maak so 12 koekies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 202 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *