Rooi Fluweel Koek (Marlene en Jason Dilger)

Bestanddele
330g Koekmeel
7.5ml Koeksoda
Knippie Sout
250ml Karringmelk
15ml Asyn
5ml Vanilla
2 groot Eiers
30ml Kakao
30ml Rooi Voedsel Kleursel
180g Sagte Margarien
375ml Suiker

Metode Koek
Voorverhit oond tot 180 °C. Sproei 2 x 23cm panne. Sif meel, koeksoda, sout.
Klop karringmelk, asyn, vanilla en eiers. Meng kakao en voedsel kleursel tot pasta, in aparte houer. Klop botter en eiers tot romerig, voeg meel en karringmelk by.
Voeg kakao mengsel by en klop. Bak 25 – 30 minute. Laat afkoel.

Versiersel
250g sagte Margarien
520g Versiersuiker (gesif)
7.5ml Vanilla
500g Philadelphia Roomkaas of gewone gladde Maaskaas.

Metode Versiersel
Klop margarine en versiersuiker. Voeg vanilla en roomkaas by. Smeer 500ml op een lag en boonste laag sowel as kante. Ietsie buitengewoon en Lekker!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 317 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *