Susan se Visvingers

Bestanddele
HIERDIE LYK MISKIEN NIE LEKKER NIE,MAAR EK BELOWE JULLE DIT IS BAIE LEKKER

Pakkie visvingers
Blikkie Spaghetti in tamatiesous
Blikkie Gemengde groente
Meizina
Tamatie
Uie
Gerasperde Kaas

Metode
Bak die visvingers in die oond tot gaar. Intussen gooi die blikke spaghetti en gemengde groente in n pot. Die groente met die water word ingegooi. Verhit die megnsel en roer kort kort. Wanneer warm gooi n lepel meizina in die mengsel en prut so paar minute tot die meizina deurgekook het. Pak nou die visvingers in n bak. Gooi die groente mengsel oor die visvingers. Pak nou skywe gesnyde tamatie en uie op die mengsel. Strooi dik kaas oor alles en sit in die oond tot die kaas gesmelt is.

Jy kan ook visvingers pak, dan tamatie en uie skywe, dan die mengsel en die kaas…

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 327 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *