Vet-Vrye All-Bran Beskuit

Bestanddele
250g All-bran
100g klapper
1kg bruismeel
400g suiker
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1koppie sonneblomsade/pekaneute
500ml appelsap
½ teelepel asyn
½ teelepel koeksoda
½ koppie afgeroomde melk
3 eiers

Metode
Meng asyn, koeksoda en afgeroomde melk (eie karringmelk!). Laat staan ‘n rukkie.
Klits 3 eiers saam met 500ml appelsap. Voeg droë bestanddele by en meng alles saam.
Gooi in een groot of twee kleiner gesmeerde pan(ne). Bak ± 1 uur by 160ºC. Sit foelie bo-oor. Sny met elektriese mes.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 361 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *