Vetkoekies

Bestanddele
375ml ongesifte koekmeel
15ml bakpoeier
10ml suiker
5ml sout
410g (1 blik) geroomde suikermielies
500ml gaar koue rys
125ml melk
1 eier
kookolie vir vlakbraai

Metode
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in. Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg. Skep eetlepels vol deeg in matige kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin, dit moenie te vinnig braai nie.
Braai dan aan die ander kant tot goudbruin. Dreineer die gaar vetkoek op handdoekrol en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 631 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *