Aartappels in uiesous

Bestanddele
6 groot aartappels, ongeskil en skoongeskrop
125ml margarien
1 pakkie bruin uiesoppoeier
5ml droë pietersielie

Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C (325 °F). Sny die aartappels in 1 cm-skywe, maar moenie die skywe deursny tot onder nie; die aartappels moet aan die onderkant heel bly. Pak die aartappels langs mekaar in ’n oondvaste bak met ’n deksel. Smelt die margarien en roer die uiesoppoeier en pietersielie by. Giet die sopmengsel oor die aartappels en bedek. Bak ongeveer 2 uur in die oond totdat die aartappels sag is. As die aartappels te droog bak, kan ’n klein bietjie kookwater bygevoeg word. Sit warm voor.

Mikrogolfmetode
Volg die resep tot na die sopmengsel oor die aartappels gegiet word. Bedek en mikrogolf 14 – 16 minute by 100 % krag. Laat 5 minute staan voordat die deksel afgehaal word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 138 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *