Meermin se lui huisvrou bone sop

1 pak bone
2/3 wortels
2/3 uie
2/3 aartappels
1 pak bacon
sout
pepper
aromat
sweet basil

Week die bone oornag in water. Sit dit die volgende oggend in ‘n slow cooker, HIGH vir so 2/3 ure. Sit dan op AUTO SWIFT. Na so 3 ure kom die wortels wat in sirkels gesny is, en aartappels (dunnerig gesny) by die sop. Kook vir ‘n verdere uur. Braai die bacon en uie tot bruin. Voeg dit by die sop. Geur met geurmiddels. Kook vir ‘n verdere uur.

Heerlik saam warm tuisgebakte potbrood.

Botter vir die potbrood:

Meng botter met sweet basil, maak ‘n langerig rol, draai toe in foelie en sit in vrieskas, dit kan jy al die vorige aand maak. Smeer die botter op die warm brood. Geniet dit.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 334 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *