Meermin se Pasta aandete

Enige pak pasta van jou keuse
1 blikkie suikermielies
1 houertjie vars room
1 uie (fyngekap)
1 pak bacon (fyn soort)
Sout na smaak
Aromat na smaak
Sweet Basil na smaak
Cheddar kaas gerasper (500 ml) asook enige wit kaas

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer.
Intussen braai ui en bacon tot gaar.

Voeg die bacon en ui by die pasta, gooi houertjie room oor, meng goed, kook so klein rukkie. Voeg nou al die ander bestandele by.

Sit oond op 160 grade.

Smeer ‘n oondvaste skottel, die pasta gereg moet nou in hierdie bak (lol), jy kan my witsous oor die pasta gereg gooi. Strooi soveel kaas soos wat jy wil bo oor die gereg, soms gooi ek so bietjie perri perri bo oor (vir kleur en ‘n heerlike smaak)
Bak tot kaas smelt.

Heerlik saam ‘n mengsel slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 394 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *