Piesangmelkdrankie

Bestanddele
15ml heuning
30ml lemoensap
2 ryp piesangs, fyngedruk
2 glase melk
sout na smaak
2 eierwitte
12,5ml suiker
40g rooi jelliepoeier

Metode
Meng die heuning, suurlemoensap en piesangs deeglik. Roer tot ‘n gladde mengsel en voeg die melk by. Voeg die sout by en meng deeglik. Plaas in koelkas om koud te word. Klits die eierwitte en suiker totdat dit styf is. Druk die glase se rande in die eierwitmengsel en strooi rooi jelliepoeier oor. Vul glase met drankie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 99 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *