Soetpatats

Bestanddele
200ml suiker
25ml botter
2ml fyn kaneel of 2 – 3 kaneelstukkies
1ml fyn gemmer
4 – 5 middelslag patats, geskil en in skywe gesny
knippie sout
12,5ml gouestroop
50ml water

Metode
Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en gouestroop in ’n kastrol en laat kook oor lae hitte totdat dit begin verbruin. Voeg die patats, sout en water by. Kook oor matige hitte tot die patats sag en die sous taai is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 17,460 times, 1 visits today)
Advertisements
 

3 thoughts on “Soetpatats”

      1. Wat ek doen is om die patats in foelie toe te draai. Dan bak ek dit in die oond totdat dit sag is. Ons eet dit dan net so. Wat jy ook kan doen is om sodra die patats gaar is, kan jy dit oopsny en botter insit en ook geur met sout en peper.

         

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *