Souterige skons

625 ml (2½ k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
knypie sout
41 g (½ pakkie) dik groentesoppoeier
125 g botter
125 ml (½ k) kaas, fyn gerasper
250 ml (1 k) melk
bietjie melk
Stel oond op 220 °C.
1. Sif meel, bakpoeier en sout saam.
2. Roer soppoeier by meelmengsel.
3. Vryf botter by meelmengsel tot dit soos broodkrum¬mels lyk.
4. Roer kaas by meelmengsel.
5. Roer laastens melk by en meng tot deeg.
6. Druk deeg op meelbestrooide oppervlak tot redelik gelyk. Druk met koekiedrukker deeg in sirkels uit.
7. Plaas skons op bakplaat wat met bakpapier gevoer is..
8. Verf met kwassie bietjie melk oor elke skon en bak vir 12 tot 15 min. of tot goudbruin in oond.
9. Sit saam met botter en biltong voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 455 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *