Tamatie en wors sop.

Dankie vir jou bydrae Jackie

Bestanddele:
500 gram wors. Jy kan enige wors gebruik waarvan jy hou.
2 eetlepels olyf olie
1 teelepel gerookte paprika
2 blikkies rooi lensies, afgespoel
2 blikkies geskilde tamaties
1 sakkie tamatie pasta
1 medium ui, gekap
1-2 huisies knoffel, fyn gekap
Vars basil
sout en peper
Omtrent about 2 teeleps suiker.
1 eetlepel rooiwyn asyn
Nog basil of pietersielie vir garnering
creme fraiche or yogurt

Instruksies:
Verwyder die vleis uit die wors derm en maak klein frikkadelletjies. Verhit die olie en braai die frikkadelletjies daarin tot goudbruin.
Haal uit en sit eenkant. In dieselfde olie, voeg die paprika by en braai die ui en knoffel.
As die uie deurskynend is, voeg die res van die bestanddele by, behalwe die creme fraiche en van die kruie wat vir die versiering gebruik kan word.
Sit die frikkadelletjies terug en verwarm sodat die sop die geur van die vleis kan kry.
Dien op met vars kruie en creme fraiche.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 678 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *