Armmansaartappels (Patas a lo pobre)

Hierdie resep kom uit Spanje uit. Baie dankie Pauline Muller. Gaan maak gerus ‘n draai by haar interessante blog.

Genoeg vir 4

4 medium aartappels,
3 uie, 1 rooi soetrissie,
1 groen soetrissie,
3 knoffelhuisies,
1/2 -1 koppie witwyn,
olyfolie en sout.

Metode:

Sny die geskilde uie in repies omtrent 1 cm breed braai omtrent vyf minute in ‘n pan met’ n bietjie olyfolie en sout. Die sout help om dit te karamaliseer. Voeg soetrissies in wyer repe gesny & knoffel by. Braai vir nog so 3-4 min.

Voeg dan geskilde aartappels wat in 3mm skywe gesny is, by. Plaas dit bo-op die uie, voeg ‘n bietjie sout en nog olie, saam met ‘n halwe koppie witwyn. Bedek met deksel of foelie & plaas in oond 180C. ‘Bak’ tot gaar, (dit stoom eintlik) verwyder foelie & verbruin effens onder die ‘grill’ . Die Spanjaarde doen nie die laaste stap nie, maar ek dink dis bietjie meer na ons smaak. Anders lyk die saak ‘n bietjie bleek. Die hele proses kan ook bo-op die stoof gedoen word, wat dit lekker maak om buite op die kole voorteberei.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 186 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Armmansaartappels (Patas a lo pobre)”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *