Ham sampioene en uie frittata

Bestanddele
30ml olyf- of sonneblomolie
3 medium uie (dun gesny)
125g knopiesampioene (gesny)
2ml gemengde kruie
400g ham (blokkies gesny)
6 ekstra-groot eiers
50ml melk of room
40g botter
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit olie in ’n groot swaarboompan. Braai uie oor lae hitte tot goudbruin. Voeg sampioene en geurmiddels by. Braai vir 4 – 5 minute tot vog van sampioene verdamp. Strooi hamblokkies bo-oor en plaas eenkant om af te koel. Klits eiers liggies en melk of room met ’n vurk en voeg die uiemengsel by. Roer goed. Smelt die botter in ‘n 30 cm pan. Wanneer botter gesmelt is, gooi die eiermengsel in die pan en draai die stoofplaat op matige hitte. Skakel die oond se roosterelement aan. Wanneer die eier onder in die pan stol, gebruik ’n spaan om die eier na die middel van die pan te stoot sodat die rou eier na die kante kan vloei. Wanneer die eier amper gestol is, plaas die pan onder die oondrooster en rooster tot ligbruin en gaar. Laat gly die frittata uit op ’n opdienbord en garneer met gekapte kruie. Sny in skywe en bedien. Die frittata kan ook koud bedien word.

(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui