Heila en Truia se koollekkerte (Ierse koolbredie) ~ RSG

BESTANDDELE
1½ kg stowe skaapvleis
1 koolkop, in kwarte gesny
10 repe swoerdlose spek
2 uie, in ringe gesny
sout en peper
2 knoffelhuisies
1 takkie roosmaryn

METODE
Gooi sout en peper op die vleis en braai saam met die roosmaryn en knoffel tot bruin. Kook die kool vir 15 minute in soutwater tot sag. Voer die bodem van ‘n swaarboompot uit met die rou spek. Pak ‘n laag vleis op die spek, dan ‘n laag kool, weer ‘n laag vleis, en dan die res van die kool bo-op. Sit die uie heel bo-op. As daar vleissous in die ander pot is, gooi dit oor die uie. Bak in oond teen 180 grade vir 1 uur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 143 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *