Lekkerbekspinasie

BESTANDDELE

2 pakke spinasie
2 aartappels
1 ui
1 pakkie spek, gesnipper en gaargemaak tot lekker bros
2 koppies witsous met ½ teelepel droë mostert en paprika vir geur

METODE

Kook aartappels en ui tot amper sag.
Voeg spinasie by.
Wanneer gaar, voeg sout en peper na smaak by met ‘n stukkie botter en maak fyn.
Pak 1 lagie spinasie in oondvaste skottel.
Sit witsous bo-oor en dan die spek.
Herhaal met spinasie en witsous.
Sprinkel cheddarkaas bo-oor, strooi paprika oor en bak in die oond vir ongeveer 20 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 166 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *