Lemoenwortels

Bestanddele
5 groterige geelwortels, geskil en in blokkies gesny
knippie sout
100ml lemoensap
5ml gerasperde lemoenskil
75ml suiker
12,5ml vlapoeier

Metode
Kook die wortels in ’n bietjie water met ’n knippie sout tot sag. Gooi die water af. Meng die res van die bestanddele en voeg by die wortels. Laat stadig kook tot die sous verdik.

Mikrogolfmetode
Plaas die wortels met ’n knippie sout in ’n glasbak met ’n deksel. Voeg 12,5 ml water by. Plaas die deksel op en mikrogolf 10 minute by 100 % krag. Meng die res van die bestanddele en giet oor die wortels. Plaas die deksel op en mikrogolf nog 3 minute by 70 % krag.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 222 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *