Bestanddele
125g hawermout en 125g volkoringmeel of 250g volkoringmeel
2ml sout
100g botter of margarien, gerasper
koue water om deeg mee aan te maak
Metode
Meng die meel en die sout. Vryf die botter of margarien liggies in die meel in met die vingerpunte. Meng met koue water tot ’n stywe deeg vorm. Druk met die hand vas in ’n quiche-pan. Aangesien die kors heelwat minder smeer bevat, kan die vulsel direk op die ongebakte kors gegooi en dan gebak word.
(Visited 92 times, 1 visits today)
Advertisements