Romerige groenboontjies

Bestanddele
125ml gesnipperde ontbytspek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
1 blik (410g) groenboontjies
sout en peper
125ml basiese witsous
60ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Braai die ontbytspek en ui tot gaar. Voeg die tamatie by en roerbraai nog ’n rukkie. Voeg die boontjies en sout en peper by en laat mengsel weer kook. Maak intussen die witsous en roer die kaas by. Roer die kaassous by die boontjiemengsel in. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,799 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *