Seekos-quiche

Bestanddele
15ml sonneblomolie
1 ui, gesny
100g gekookte aartappel, blokkies gesny
50g rooi soetrissie, blokkies gesny
50g groen soetrissie, blokkies gesny
500g gaar gerookte skelvis, gevlok
3 eiers
150ml room
15ml parmesaankaas
voorbereide, gebakte kors

Metode
Braai die gesnyde ui in die olie tot goudbruin. Voeg die soetrissies en aartappelblokkies by en roerbraai tot die soetrissies sag is. Meng die gevlokte skelvis liggies met hierdie mengsel en versprei dit oor die oppervlakte van die kors. Klits die eiers en room en gooi oor die vulsel in die kors. Sprinkel parmesaankaas bo-oor en bak by 180 °C vir ongeveer 30 minute. Bedien verkieslik warm, maar in somermaande kan bediening by kamertemperatuur heerlik wees saam met vars groenslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 333 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *