Soetpampoen

Bestanddele
2 skyfies ui
25ml botter
750g geskilde ryp boerpampoen of botterskorsie, in skyfies gesny
150ml bruinsuiker
2ml fyn kaneel
knippie sout
knippie swartpeper
25ml water

Metode
Braai die ui liggies in die botter tot deurskynend. Voeg die pampoen en dan die res van die bestanddele by. Moenie roer nie. Bedek en kook oor lae hitte totdat die pampoen sag is. Verwyder die deksel en braai die pampoen totdat die sous taai raak. Roer liggies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,482 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *