Spekboontjies

Bestanddele
500g vars groenboontjies
250g swoerdlose ontbytspek
30ml botter of margarien
15ml olie
5ml grof gemaalde swartpeper

Metode
Sny die punte van die boontjies af en maak hopies van 5 – 6 boontjies elk. Draai ’n repie spek om elke hopie boontjies en steek dit met ’n peuselstokkie vas. Smelt die botter of margarien en olie in ‘n pan en braai die spekboontjies oor matige hitte. Strooi peper oor terwyl dit braai. Draai gereeld om en verwyder van hitte wanneer die spek gaar is.
Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 193 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *