Variasies van basiese polenta

• Druk vorm uit polenta wat reeds met kaas en tamaties gemeng is of sny in blokkies met ’n skerp mes. Rol die vorms of blokkies in meel of vars broodkrummels. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai oor matige hitte tot ligbruin en bros aan die buitekant. Hanteer versigtig, aangesien dit kan breek. Dreineer op kombuispapier en bedien warm.

• Basiese polenta kan ook aangewend word in ’n gereg soortgelyk aan lasagne. Gebruik dun skyfies polenta (sny dit met ’n garedraad) in plaas van pasta in lae tussen die bolognaise-sous en die kaassous.

• Braai dun skywe basiese polenta in botter met 4 – 6 fyngemaakte knoffelhuisies in. Bestrooi met parmesaankaas en rooster onder die oondrooster tot kaas gesmelt is. Mozzarellakaas kan ook gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 254 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *