TAMATIE BRAAI WORS

Baie dankie vir jou bydrae Retha. Ek waardeer dit baie.

Bederf die familie met die dis. Dis maklik om voor te berei en dit smaak heerlik. Die resep kan as wors of as frikkadelle voorgesit word.

Bestanddele
500 g Wildsvleis
250 g Varkvleis
100 g spek
½ Tlp sout
½ Tlp fyn naeltjies
½ Tlp fyn neutmuskaat
½ Tlp gedroogde Basil
2 Knoffel huisies
1 Groot ui fyn gesny
3 Ryp ontvelde tamaties in skywe gesny
1 Eetl bruinsuiker
2 Eetl suurlemoensap.
½ Koppie koue water
½ Tlp Gemaalde swartpeper
1 Koppie droë broodkrummels

Metode
Meng bestanddele saam en maal. Meng en maal ‘n tweede keer.
Stop in derms of vetderm.
Plaas in ‘n broodpan en maak maalvleis brood of frikkadelle

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,250 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *