Frikkadelle met kruierysous (“monkey gland”-sous)

Weereens baie dankie Retha

Bestanddele
• 250 g beesmaalvleis
• 250 g varkmaalvleis
• 5 — 10 ml sout
• Swartpeper na smaak
• 125 ml natuurlike jogurt
• 180 ml vars broodkrummels
• 1 appel geskil, ontkern en gerasper
• 1 ui, gerasper

Kruierysous
• 250 ml vrugteblatjang
• 25 ml port of sjerrie
• 25 ml rooiwynasyn
• 2 ml Tobasco-sous

Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ‘n oondbak van 22 cm met olie. Meng al die bestanddele saam tot net gemeng. Vorm in frikkadelle en pak in die bak. Bak vir 30 — 40 minute tot deurgaar.

Om die sous te maak: Verhit al die bestanddele tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Sit voor met die frikkadelle op fyn aartappel of rys.

Genoeg vir ses mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 355 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *