Gevulde pannekoeke

Dankie Retha

Geurige, gevulde pannekoeke met ‘n kaas-en-kruiesous. Maak sommer die beslag dubbeld aan en eet die res van die pannekoek met ‘n soet vulsel vir nagereg.

Pannekoekbeslag
• 250 ml koekmeelblom
• 5 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 1 eier
• 375 ml melk
• 15 ml gesmelte botter
• 15 ml brandewyn
• olie vir braai
• 500 g geurige, gaar maalvleis
• 500 ml witsous
• 60 ml parmesaankaas
• 45 ml gekapte grasuie
• 250 ml cheddarkaas

Metode
Sif droë bestanddele saam. Klits die eier en melk saam en meng met droë bestanddele. Klits tot glad en voeg die gesmelte botter en brandewyn by. Bedek en laat staan vir 2 uur voordat pannekoeke gebak word.

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n oondbak van 30 cm x 30 cm. Vul die pannekoeke met ‘n skep maalvleis en rangskik in die oondbak. Meng die witsous met die parmesaankaas en grasuie. Giet oor die pannekoeke en sprinkel die cheddarkaas oor. Bak vir 20 — 30 minute tot deurwarm en die kaas goudbruin is.

Genoeg vir agt mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,076 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *