Maalvleispasteie

Baie dankie Retha

Bestanddele
• 500 g maer beesmaalvleis
• 2 uie, fyn gekap
• 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
• 30 ml olie
• 45 ml worcestersous
• 60 ml tamatiepasta
• Sout, peper en suiker na smaak
• 10 ml vars tiemie, gekap
• 5 ml vars orego, gekap
• 1 blik (410 g) gekapte tamaties
• 400 g skilferkors- of brosdeeg
• 1 eier, geklits
• 20 ml melk

Metode
Braai die maalvleis, uie en knoffel in die olie tot bruin. Voeg die worcestersous en tamatiepasta by en braai vir nog ‘n paar minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker. Voeg die kruie en tamatie by en laat prut onbedek tot die vleissous geurig en dik is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 6 pasteibakkies (dit kan wissel na gelang van die grootte) of ‘n tertbord van 22 cm. Rol die deeg ongeveer 3 mm dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en voer die bakkies of bord daarmee uit. Blindbak vir 10 minute (sien aantekeninge hieronder). Skep die vleisvulsel in, druk vorms uit die orige deeg en sit op die vleis. Verf met ‘n mengsel van geklitste eier en melk. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C. Bak vir 15 minute tot goudbruin en gaar. Sit voor met skyfies of aartappelwiggies en slaai.

Lewer ses pasteie.
WENK: Gaar oorskietmaalvleis is ideaal om pasteie mee te maak aangesien min vulsel nodig is. Jy kan, in plaas van skilferkors, ook filo- of broskorsdeeg hiervoor gebruik.

Hoe om blind te bak

Voer die pasteibak uit met die deeg. Prik die bodem met ‘n vurk en voer uit met ‘n vel bakpapier (gevul met rys of droë bone) of met bolle gefrommelde foelie. Bak vir die aanbevole tyd by 200 °C. Verwyder die papier (en rys of bone) of foelie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 236 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *