Maklike black forest

Baie dankie vir jou bydrae Okkie. Hierdie resep gaan sommer n wenner wees.

Bestanddele
12 sjokolade-muffins (koop klaar gebakte muffins)
2 blikkies ontpitte swartkersies
500 g roomkaas
2 blikke kondensmelk
sap van 1 suurlemoen
125ml brandewyn
500 ml room
Whispers-sjokoladeballetjies vir versiering
versiersuiker om oor te sif
Kruisementblare

Metode
Sny die sjokolade-muffins in die helfte. Dreineer die kersies. Meng die roomkaas en kondensmelk goed en voeg die suurlemoensap by. Pak ’n laag sjokolade-muffins in ’n groot bak of glase. Gooi van die brandewyn oor die muffins.

Gooi ’n laag roomkaasmengsel oor die muffins en pak dan ’n laag kersies. Herhaal dié proses. Klop room styf en skep heel bo-op. Versier met die Whispers (niemand is tog lus om sjokolade-krulle te maak nie), en sif versiersuiker oor. Druk kruisementblaartjies in vir die mooi

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 191 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *