Rooibos kaasmuffins

Bestanddele
500ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
2ml sout
5ml mostert
250ml Freshpak rooibos (effens afgekoel)
250ml cheddar kaas
1 ekstra groot eier
80g sagte botter in blokkies
Paprika

Metode
Voorverhit oond tot 200ºC en spuit ‘n muffinpannetjie met ‘n kleefwerende middel. Sif meel, bakpoeier, sout en mostert saam. Meng rooibos, kaas en eier saam in ‘n ander bak. Vryf botter met vingerpunte in meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Roer rooibos mengsel versigtig by die droë mengsel. Roer net tot gemeng – nie te veel nie, anders sal muffins plat wees. Skep in pannetjie en sprinkel paprika oor. Bak 20 minute of tot gaar. Bedien warm of koud met botter.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 181 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *