Skon-Pizza

Bestanddele
500ml koekmeelblom
20ml bakpoeier 2ml sout
60ml botter of margarine
250ml melk
Metode
Voorverhit oond tot 200ºC. Smeer ‘n oondvaste bak of pan (30 x 25 x 5). Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf botter met vingertoppe daarin tot gemeng. Sny van die melk met ‘n slaplemmes in die meelmengsel in om ‘n sagte deeg te vorm. Voer die boom van die bak met deeg uit. Bestanddele Vulsel 250g spekvleis (gesnipper)1 ui, gekap 50ml blatjang 200g gerasperde kaas 4 middelslag tamaties 1 eier 250ml melk 1 blik knopiesampioene, fyn gesny Sout en peper Metode Skil en sny tamaties in skywe en braai spekvleis en ui saam tot mengsel begin verkleur – laat afkoel. Smeer blatjang liggies oor skondeeg en strooi ¾ kaas bo-oor. Versprei spek en uie mengsel oor kaas en bedek met tamatieskywe. Geur met sout en peper en oorblywende kaas. Klits eier en melk saam en gooi bo-oor. Bak 25 minute tot stol op middelste oondrak. Sny in vierkante en sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 672 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *