Soet-en-suur viskebabs

Bestanddele Sous
10ml vars (gerasper) of 5ml fyn gemmer
15ml olie
2 huisies knoffel (fyngemaak)
60ml tamatiesous
60ml rissiesous
10ml suiker
15ml sojasous 1
10ml droë sjerrie

Bestanddele Kebabs
500g stokvis (varkvleis of hoender) (in blokkies gesny)
1 groen soetrissie (gesny in vierkante)
1 rooi soetrissie (gesny in vierkante)
1 x 410g blikkie pynappelstukke

Bestanddele Marinade
30ml sojasous
1 huisie knoffel (fyngemaak)
5ml vars gemmer (gerasper) of 3ml gemmer
60ml sonneblomolie
10ml droë sjerrie
10ml suiker

Metode
Meng die bestanddele vir die marinade en plaas in ’n plat houer. Plaas die vis- of vleisblokkies in die marinade en laat in die yskas vir ongeveer 1 uur. Ryg die gemarineerde vis of vleis alternatiewelik met die groen en rooi soetrissie en pynappelstukke op die vleispenne. Plaas terug in die marinade en hou gereed om te braai.
Berei intussen die sous. Meng al die bestanddele vir die sous, behalwe die sjerrie, in ’n klein kastrol en verhit stadig totdat dit begin kook. Roer en laat kook vir 4 minute.
Roer die sjerrie by en verdun met water indien nodig. Hou warm tot gebruik. Verwyder die kebabs uit die marinade en braai oor die kole of onder die oondrooster totdat die vis of vleis gaar is. Bedruip voortdurend met die orige marinade. Bedien op rys. Sit voor met soet-suur sous.

Wenk
Die vis in hierdie resep kan vervang word deur hoender- of varkvleis. Vir ’n spesiale ete kan die stokvis vervang word deur koningklip of garnale of ’n kombinasie daarvan. Tongvisfilette wat opgerol en ingeryg word, is baie spesiaal.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 190 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *