Suurlemoenstroop:

Baie dankie vir jou bydrae Cecile

Bestanddeel:
Vars Suurlemoensap 600 ml dis omtrent 20 suurlemoene se sap
Suiker 600 ml
Sitroensuur 4 ml
Engelse Sout 4 ml
Wynsteensuur 4 ml
Kookwater 2 liter

Voeg die skil van al die suurlemoene wat jy vir die sap gebruik ook in

Lemonade 2 x 2 liters
Soda Water 2 x 2 liters

1. Skil al die suurlemoene met behulp van ‘n zester.
2. Sit die water op die stoof sodat dit begin kook, voeg die suurlemoenskil by.
3. Begin om jou suurlemoen uit te druk totdat jy 600 ml het. Sorg dat jy al die pitte en vleis van die suurlemoen verwyder.
4. Voeg die suurlemoen sal by die water. Voeg die suiker dan ook by en laat kook totdat alles opgelos is.
5. Vat ‘n bietjie warm water en meng met die wynsteensuur, sout en sitroensuur. Gooi dan terug in die pot.
6. Laat deurkook vir so 10 minute verwyder van die hitte en laat dit afkoel.
7. Sit in die yskas totdat dit heeltemal koud is. Voeg soda en lemonade by net voor bediening.
8. Gebruik gevriesde suurlemoen wiggies en kumkwarte vir garnering asook om die drankie koud te hou.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,849 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *