All-Bran-beskuit

Bestanddele
500 g botter of margarien
600 g suiker (3 koppies)
500 ml karringmelk (2 koppies)
3 ekstra groot eiers
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier (1 eetlepel)
5 ml sout (1 teelepel)
250 g All-Bran-vlokkies (6 koppies)
100 g hawermout (1¼ koppie)
75 g pitlose rosyne (½ koppie)

Metode
Smelt die botter of margarien. Klits die suiker, karringmelk en eiers saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die All-Bran, hawermout en rosyne by die meelmengsel en meng. Voeg die botter of margarien by en daarna die karringmelkmengsel. Roer goed totdat alle klonte verdwyn. Smeer drie broodpanne, elk met ‘n volume van 1,5 ℓ (6 koppies). Skep die deeg daarin en maak dit gelyk. Bak dit ongeveer 45 minute lank by 180°C tot goudbruin en gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,376 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *