Dadel-en Sjokolade-Vierkante

Bestanddele
150g botter
¾ koppie (185ml) bruinsuiker
2 eiers
1 teelepel (5ml) vanielje
1 plak (100g ) donker sjokolade
1 pakkie (100g) kasjoeneute, gekap
1 ¾ koppie (437ml) bruismeel
½ pakkie (125g) dadels, gekap
4 eetlepels (60ml) melk

Metode
Stel oond op 180 ºC. Smeer vierkantige oondbak van 20cm. Room botter en bruinsuiker tot botter liggeel is. Klits eiers goed na elke byvoeging. Voeg ook vanielje by. Breek sjokolade in blokkies en smelt in mikrogolfoond. Voeg gesmelte sjokolade by bottermengsel en klits tot goed gemeng. Roer neute, meel, dadels en melk by tot goed gemeng. Skep deeg in gesmeerde bak en maak gelyk. Bak 30- 35 minute of tot ferm. Laat afkoel en sny in blokkies. Sprinkel gesifte versiersuiker oor

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 227 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *