Dadelyskaskoekies

Ingestuur deur Okkie Jansen van Rensburg

Bestanddele
½ pak (250g) botter
1 pakkie (500g) versiersuiker
1 pakkie (250g) dadels
2 eetlepels (30 ml) kakao
1 koppie (250 ml) klapper
2 eiers
1 teelepel (5 ml) vanielje
knypie sout
1 pakkie (200g) Mariebeskuitjies

Metode
Verhit botter in ‘n groot kastrol tot sag, maar nie gesmelt nie. Roer versiersuiker by sagte botter en gemeng. Voeg dadels, kakao en klapper by en kook oor medium hitte vir 3 minute. Klits eiers, vanielje en sout en voeg by dadelmengsel, laat kook vir nog 2 minute en verwyder van die hitte. Breek koekies fyn en voeg by dadelmengsel, roer goed en skep in groterige gesmeerde bak. Druk bokant gelyk. Laat oornag in yskas en sny in blokkies. Lewer ongeveer 60 blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 156 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *