Gemarineerde ontbeende skaapboud

Metode
1 Ontbeende skaapboud
2 Houers karringmelk
1 Pakkie spekvleis
1 Groot ui
Knoffel
‘n Paar geglanseerde rooi kersies
Klein bietjie olyfolie

Metode
Plaas ontbeende skaapboud in marinade bak wat liggies met ‘n klein bietjie olyfolie gesmeer is. Gooi die karringmelk oor en laat staan vir 24 uur. Haal uit en sny gaatjies in en stop met knoffel, spekvleis en kersies. Gooi, kruie, speserye, sout en peper na smaak oor. Rasper ui grof en strooi bo-oor. Garneer met tandestokkies met kersies aan. Braai in Weberbraai of op kole tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,117 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *