Gou-Gou Koekies

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele Koekies
500g botter, sag
500ml (2k) versiersuiker, gesif
1 250ml (5k) koekmeel
10ml (2t) bakpoeier
60ml (4e) rooi glanskersies, gehalveer
Knypie sout
60ml (4e) groen glanskersies gehalveer
100g (1 pakkie) gevlokte amandels

Bestanddele Versiering
200g (2 plakke) sjokolade, gesmelt.

Metode Koekies
Stel oond op 180ÂșC. Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm. Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur. Sny gevriesde deeg in 1cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Bak 15min of tot goudbruin bo-op. Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.

Metode Versiering
Doop helfte van koekie in gesmelte sjokolade. Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 698 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *