Jogurt broodjies

Bestanddele Deeg
2 eiers
30ml olie
175g (1 klein bakkie) natuurlike jogurt
125ml melk
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2,5ml sout

Bestanddele Bolaag
500ml cheddarkaas, gerasper
125g botter, gesmelt
5ml droë mosterd
5ml Aromat
5ml Knoffel

Metode
Stel oond op 180°C. Deeg: Klits eiers, olie, jogurt en melk. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer eiermengsel by meelmengsel en meng goed. Skep deeg in langwerpige oondbak. Maak gelyk bo-op. Sprinkel kaas bo-oor deeg. Meng botter, mosterd, aromat en knoffel en giet egalig oor deeg. Sny 5cm x 5cm-blokkies in deeg sodat gesmelte botter tussenin kan loop. Bak vir 15 – 20 min. Sny blokkies brood los van mekaar wanneer dit uit
oond kom. Sit dadelik voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 233 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *