Klapperkoekie met Vulsel

Bestanddele Koekies
200g botter
125ml (½k) strooisuiker
1 eier, geklits
5ml (1t) vanielje
500ml (2k) koekmeel
7,5ml (1½t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (½k) klapper

Bestanddele Vulsel
60ml (4e) botter
187ml (¾k) versiersuiker, gesif
2,5ml (½t) vanielje
10ml (2t) melk
Stel oond op 180ºC

Metode Koekies
Room botter en suiker tot liggeel en romerig. Klits eier en vanielje by tot goed gemeng. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer klapper by. Voeg meelmengsel by bottermengsel en meng goed. Rol deeg in balletjies en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk bokant van koekies effens plat. Bak 12 tot 15 min of tot goudbruin.

Metode Vulsel
Room botter en versiersuiker tot liggeel en donserig. Voeg vanielje en melk by soos benodig. Smeer vulsel op koekie en plak nog ‘n koekie bo-op. Hou koekies in lugdigte blik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 157 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *