Korslose melktert

Bestanddele
4 eiers, geel en wit apart
1 koppie meelblom
3 eetlepels gesmelte botter of margarien
Knippie sout
1 teelepel vanielje geursel
1 koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
4 koppies melk
Metode
Klop die eiergele, suiker en gesmelte botter of margarien tot dit romerig is. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel. Klits die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Voeg die vanielje by. Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste tertbord en bak vir 35 minute lank in ‘n matige oond van 180°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,391 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *