Korslose Tunatert (in die mikrogolfoond met ‘n draaitafel)

Baie dankie vir jou resep Elzaan

Bestandele:
150g Simba skyfies, fyngemaak (of 150g broodkrummels)
2 Eiers
100ml Melk
3 Opgehoopte lepes Mayonaise
2 Blikkies Tuna, gedrieneer (flakes of chunks)
1/2 Koppie gerasperde kaas
Kruie na smaak

Gooi al die bestandele, behalwe die kaas, bymekaar en meng deeglik.
Berei mikrogolfvaste bak voor, en gooi tuna mengsel daarin.
Bak vir 7 minute teen 70% krag.
Strooi kaas bo-oor en bak vir 3 minute teen 100% krag.

Sit voor met rys en/of slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 541 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *