Korslose tunatert

Bestanddele
3 Dik snye witbrood (korsies afgesny)
30 ml Botter
300 ml Warm melk
6 Eiers geklits
3 Blikkies tuna
1 Ui (fyngekap)
½ Rooi soetrissie
10 ml Pietersielie
Sout en peper na smaak
180 ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n tertbord deeglik met botter. Meng die brood, botter en melk deeglik. Voeg die geklitse eiers, tuna, ui, soetrissie en pietersielie by en geur met sout en peper. Giet die mengels in die tertbord en sprinkel die kaas bo-oor. Bak ongeveer 30 minute tot gaar en goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,550 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *