LEKKERSTE LEKKER SPINASIE TERT

Nog n resep ingestuur deur Malinda van Deventer
Nelie van den Heever

1 Bondel spinasie, as die bondel te klein is, vat 2 bondels
1 blaardeeg, uitgerol
1 pakkie Bruin uie soppoeier
1 houer Suurroom (250ml.)
1 Ui, gekap
1 blikkie Tuna, as dit fyn is, gebruik 2 blikkies
1 houer Maaskaas, gewone en chuncky
2 Eiers, geklits
1 kop.Gerasperde kaas
10ml.Olie
Sout en Peper

Kook spinasie in klein bietjie water en maak in stukke.
Braai die ui in olie en as dit deurskynend is, voeg tuna, water afgegooi en spinasie by.
Meng die suurroom en soppoeier en laat staan vir 10 min.
Meng na 10 min. die maaskaas by die suurroommengsel.
Meng res van die bestanddele saam en twee derdes van die kaas.
Vou die geklitste eiers laaste by.
Sit deeg in tertbak en bak vir so 5 min. sodat deeg nie te rou is nie.
Gooi spinasiemengsel dan oor die deeg en strooi res van kaas oor en bak verder vir 35 – 40 min. by 180°C

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,230 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *