Mikrogolf Fudge

Bestanddeke
1 blik kondensmelk
500 ml strooisuiker
125g margarien/botter
5ml vanieljegeursel geursel

Metode
Voeg kondensmelk, stooisuiker en margarien/botter saam in ‘n groot glasbak (ongeveer 15 cm hoog – mengsel borrel hoog gedurende kook proses!). Kook op “high” vir 2 minute. Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op “high”. Haar uit; voeg 5ml vanieljegeursel by. Roer goed. Gooi in gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet.

Wenk
Opsioneel jy kan ook neute/rosyntjies/rice krispies/gebreekte beskuitjies bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,721 times, 3 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *