MILO MALVANAGEREG

Malinda van Deventer. Baie dankie vir die bydrae
Finesse – Junie 2011 – baie lekker

250ml. Suiker
20ml. Sagte botter
1 Eier
275ml. Koekmeel
100ml. Milo poeier
5ml. Koeksoda
250ml. Melk
10ml. Asyn
10ml. Vanieljegeursel
Knippie sout

SOUS:
100gr. Milo sjokolade
125ml. Room
160ml. Melk
30ml. Margarine
80ml. Milo poeier

Verhit die oond tot 180°C. en smeer ‘n bak met kossproei.
Klits die suiker en margarine saam. Voeg die eier by en klits goed.
Meng die meel, milo poeier, sout en koeksoda saam. Meng die melk, asyn en vanieljegeursel saam. Voeg die meelmengsel en melkmengsel om die beurt by die sukermengsel en meng. Gooi uit in gesmeerde bak en bak vir 30-40 min of tot ferm en as die toetspen skoon uitkom is dit gaar.

VOORBEREIDING VIR SOUS:
Smelt die sjokolade, room, melk en margarine saam op baie lae hitte en roer aanhoudend tot dit glad en blink is. Verwyder van diehitte. Voeg die milo poeier by en meng goed sodat al die korreltjies opgelos word. Sodra die nagereg uit die oond kom, druk oral gate met mes en gooi warm sous oor warm nagereg. Maak kante van nagereg ook los sodat sous daar kan ingaan.
Bedien met room of roomys en selfs met vla.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 345 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *