Bestanddele
1.5 kg Bruismeel
500 ml Suiker
500 ml Karringmelk
10 ml Sout
500 g Botter
3 Eiers Geklits
Metode
Meng die droë bestanddele en voeg die suiker by. Smelt margarine en voeg karringmelk by. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng. Voeg die droë bestanddele en meng tot sagte deeg. Maak balletjies, sit in panne en bak vir n uur lank in n matige oond (180). Verlaag die temperatuur tot 60 °C. Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate. Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog. Sit ‘n lepel in die oond sodat die lug kan ontsnap.Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
Wenk
Die beskuit kan ‘n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.
Hoe lank en by hoeveel grade Celcius word die beskuit uitgedroog?
Verlaag die temperatuur tot 60 °C. Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate. Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog. Sit ‘n lepel in die oond sodat die lug kan ontsnap.Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
Baie dankie. Ek het die resep aangepas
Baie dankie! Het nou-net klaar gebak en is besig om dit uit te droog. Maklike en vinnige resep ??
bja bja maklik…bekostigbaar……geen meer winkel boks beskuit vir my nie…..mag ek n wenk.met iemand deel??
Jy mag maar die wenk deel.
Gaan dit nou probeer. Seker daarvan dit gaan heerlik wees