RYSVLOKKIES KOEKIES

Malinda van Deventer

250gr. Margarine
500ml. Witsuiker
1 Eier
5ml. Vanillageursel
625ml. Koekmeel
10ml. Bakpoeier
7ml. Koeksoda
2ml. Sout
500ml. Hawermout
500ml. Klapper
500ml. Rysvlokkies (rice krispies)
Glanskersies, groen, geel en rooi

Room die margarine en suiker.
Voeg die eiers en vanillageursel by en klits baie goed.
Sif die meel, bakpoer, koeksoda en sout saam.
Voeg dit by die eiermengsel en meng goed.
Voeg die hawermout by en meng.
Voeg die klapper by en meng weer.
Voeg die rysvlokkies laaste by en roer dit liggies in die deeg sodat die vlokkies nie pap word nie.
Rol balletjies en plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat en druk dit effens plat met ‘n vurk.
Sny kersies in stukkies, na denke en plaas ‘n stukkie op elke koekie.
Bak die koekies 15-20 min. in ‘n matige oond by 180°C.
Die koekies moet stadig bak.
Laat dit effens op die bakplaat afkoel en plaas dit dan op ‘n draadrak om heeltemal kout te word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 541 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *