Sjokoladekoek met olie

Bestanddele
½ koppie kakao
1 ½ koppies suiker
½ teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 ¾ koppies meel
¾ koppie kookwater
½ teelepel vanielje
4 eiers
½ koppie kookolie
½ koppie koue water

Metode
Meng ½ koppie kakao met ¾ koppie kookwater – laat afkoel. Sif tesame: 1 ¾ koppie meel, 1 ½ koppie suiker, 3 teelepels bakpoeier en ½ teelepel sout. Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg by kakao mengsel: ½ teelepel vanielje, 4 ongeklitste eiergele, ½ koppie kookolie, ½ koppie koue water. Meng baie goed en vou laaste die styfgeklitste eierwitte in. Bak in twee gesmeerde panne vir ongeveer ‘n ½ uur tot gaar. Vir groot koek
Neem ‘n leë bierboks en voer met dik (heavyweight) foelie uit, binne en buite. Spuit binne met Spray ‘n Cook. Maak beslag dubbel aan. Gooi in selfgemaakte bierbokspan. Bak vir +/- ‘n uur en 10 minute tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 16,260 times, 12 visits today)
Advertisements

One thought on “Sjokoladekoek met olie”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *