Sjokoladekoekies

Bestanddele
2 pakkies Marie beskuitjies
½ koppie (125ml) botter
1 koppie (250ml) suiker
2 eetlepel (30ml) kakao, gesif
1 eier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode
Smelt botter, suiker en kakao saam. Klits eier en vanielje saam, gooi by bottermengsel.
Terwyl alles smelt breek 1 ½ pakkie Marie beskuitjies daarin en roer deeglik. Druk in gesmeerde pan en krummel oorblywende Marie beskuitjies bo- oor. Laat afkoel in yskas en sny in blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 138 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *