Spesery-Yskaskoekies

Bestanddele
½ pak (250g) botter
3 eetlepels (45ml) kakao
3 teelepels (15ml) koffiepoeier
1 blik (397g) kondensmelk
½ teelepel (2,5ml) vanielje
1 pak (500g) versiersuiker
1 koppie (250ml) volroommelkpoeier
1 teelepel (5ml) fyn kaneel
½ teelepel (2,5ml) gemengde speserye
knypie sout
1 pakkie (100g) pekanneute, gekap (opsioneel)
3 eiers, geklits
1 koppie (250ml) klapper
½ koppie (125ml) sultanas
1 pakkie (200g) Marie- beskuitjies, gebreek
2 koppies (500ml) Rice Krispies

Metode
Smelt botter in groot genoeg kastrol. Roer kakao, koffiepoeier, kondensmelk en vanielje by tot koffiekorrels goed opgelos het. Sif versiersuiker, melkpoeier, kaneel, speserye en sout saam en meng goed met bottermengsel. Verwyder kastrol van hitte. Klits eiers en roer vinnig by mengsel sodat eiers nie skif nie. Roer neute, klapper, sultanas, Rice Krispies en koekies by. Druk in ‘n groot gesmeerde tertbak of oondpan vas. Plaas in yskas om te stol en sny in blokkies of vingers. Lewer ongeveer 50 blokkies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 374 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *